‘Baba-moordenaar’ sê sy is nie onstabiel

Argieffoto

Juanita Oldewage, die 28-jarige ma wat daarvan verdink word dat sy haar drie weekoue babaseun vermoor het, het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof gesê sy is nie geestelik onstabiel nie.

Sy het aan die hof gesê sy is besig om van haar man en medebeskuldigde, Christiaan Oldewage, te skei en sy gebruik weer haar nooiensvan, Fourie. Die egskeiding is nog nie gefinaliseer nie.

Fourie het gesê sy sou nie in staat gewees het om ʼn drankwinkel vir ses dae ʼn week te bestuur, as sy onstabiel was nie.

Sy het gesê sy is die mede-eienaar van ʼn drankwinkel in Port Elizabeth en gebruik die wins om haar prokureur te betaal.

Fourie en Oldewage word daarvan aangekla dat hulle hul drie weekoue babaseuntjie, Christiaan jnr., in Desember 2011 mishandel en vermoor het. Die egpaar is voor die baba se geboorte getroud. Christiaan jnr. is op 15 November gebore. Oldewage was die baba se stiefpa. Die baba is in Desember vir behandeling in die Montana-hospitaal opgeneem, maar is ʼn paar ure later aan veelvoudige beserings dood. Van sy beserings sluit ʼn gekraakte skedel en verskeie gebreekte ribbe in.

Die staat het Woensdag versoek dat Fourie se borgtog teruggetrek word en dat sy na ʼn psigiatriese hospitaal gestuur moet word vir waarneming. Dit volg nadat Fourie nie Maandag opgedaag het vir haar verhoor nie omdat sy glo ʼn senuwee-ineenstorting gehad het. Lees meer hier.

Fourie het getuig dat sy nie Maandag in die hof was nie, omdat sy die verkeerde raad van haar advokaat en sielkundige gevolg het.

“Ek het nie emosioneel gereed gevoel om hier te wees nie. Ek is ʼn ma. Ek het my kind verloor. Ek word verdink van sy moord,” het sy gesê.

Sy het getuig dat sy doodsdreigemente ontvang het, maar het toegegee dat dit nie van haar man was nie.

“Die laaste keer toe ek in die hof was, is ek agtervolg en beroof van ʼn verklaring en foto’s wat ek in die hof wou gebruik het. Alles het net opgebou en ek het nie Maandag gereed gevoel daarvoor nie, maar ek is nou gereed daarvoor.”

Fourie het gesê sy het na Margate in KwaZulu-Natal verhuis, “om weg te kom van alles”. “Ek het by my peetma gebly,” het sy gesê. Sy is egter een oggend, toe sy die deur oopgemaak het, glo met ʼn verfgeweer in die gesig geskiet. “Sy het gesê die skoot was vir my bedoel.”

Sy sê sy was bang om terug te keer na Pretoria omdat sy alles verloor het weens die negatiewe publisiteit wat sy gekry het. Volgens Fourie is sy reeds deur haar vriende en familie in Pretoria veroordeel en het sy haar haarkapperbesigheid verloor as gevolg van die aantygings.

Sy het getuig dat sy geen geskiedenis van depressie het nie, en geen medikasie gebruik nie.

Regter Lettie Malopa-Sethosa het gesê sy gee Fourie die voordeel van die twyfel, en het nie haar borgtog teruggetrek nie.

Malopa-Sethosa het Fourie se versuim om Maandag by die hof op te daag as ʼn “taktiek om die verhoor te vertraag”, beskou, en het haar gewaarsku dat slegs die hof iemand kan verskoon.

Die verhoor is tot 2 Desember uitgestel. Fourie se borgtog is verleng, met die voorwaarde dat sy elke Maandag en Vrydag by die Port Edward-polisiestasie aanmeld.

Oldewage bly in aanhouding nadat hy sy aansoek om borgtog teruggetrek het.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seg Net ·

Sy is so mal soos ‘n v0kken haas die biets. Sy moes ook nie borg gekry het nie.

Stuiwer ·

Seg net. Ek verstaan dat jy omgekrap oor die saak voel, en ek voel ook so, maar is dit regtig nodig om swak taal te gebruik om jouself uit te druk? Dit lees nie lekker nie. Ek het al verskeie ander kommentare van jou gelees, en stem saam met jou hart, maar kan nie saam met swak taalgebruik stem nie.

Peter Bezuidenhout ·

Regter Malopa,jy gee haar voordeel…jammer,ek verstaan dit nie ?

HELENA SEABORNE ·

hoe de duiwel kan i ma toekyk dat ha kind mishandel word. natuurlik het sy gehelp. sy is ni net onstabiel ni sy is vd duiwel besete. paintballgun? shit hulle mus i regte een gebruik het.

HELENA SEABORNE ·

@stuiwer seg net se taal is nie die issue hier nie. ek mus myself keer of ek het erger taal gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.