Baba-moordenaar skuldig bevind

baba-voete-320x320Christiaan Oldewage is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan die moord op sy drie weke oue stiefseun.

“Die beskuldigde se getuienis dat daar niks fout was met die baba voor hy flou geraak het nie is so onwaarskynlik dat sy weergawe as ʼn blatante leuen verwerp kan word,” het regter Bert Bam gesê. Oldewage is skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Juanita, se babaseuntjie. Stiaan is op 12 Desember 2011 in die Montana-hospitaal, noord van Pretoria, oorlede. Juanita, wat saam met haar man aangekla is, het in Augustus selfmoord gepleeg. Stiaan is dood weens ernstige beserings waaronder ʼn skedelbreuk, breinbeserings, gebreekte ribbes en verskeie interne beserings en bloeding. Helen Mabapa, Oldewage se regsverteenwoordiger, het aangevoer dat hy tot minder as 15 jaar tronkstraf gevonnis moet word aangesien hy ʼn eerste oortreder is en hartprobleme het. Celeste Smit, die staatsaanklaer, het versoek dat Oldewage tot langer as 25 jaar tronkstraf gevonnis word. Oldewage sal na verwagting Donderdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Helen Mabapa word wakker. As dit jou kind was sou ek graag jou bek wou hoor, skaam jou. Ek sou pleit vir verswaarende omstandighede.

Justi ·

Ek stem heelhartig saam met Celeste Smit, hy moet baie langer as 25 jaar sit. Daardie wreedaard en gevoellose monster moet nie weer naby n baba of kind toegelaat word nie.
Hoop hy kry dieselfde behandeling in die tronk as wat hy uitgedeel het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.