Baba ‘ontvoer’: Vrou in hof

hofhamertjie3ʼn Vrou wat valslik beweer het dat haar baba ontvoer is sal Vrydag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Busi Nkosi (42) is vroeër op borgtog van R3 000 vrygelaat. Sy word van meineed en regsverydeling aangekla. Nkosi het op 7 Oktober beweer haar babaseuntjie is uit haar huis in Kempton Park ontvoer na ʼn rooftog. Daar is aanvanklik deur die polisie gesê dat drie mans en ʼn vrou by die huis ingebreek het en Nkosi en haar 16-jarige dogter vasgebind en bedwelm het. Nkosi se man het toe glo huis toe gekom en hulle losgemaak. Die polisie het die baba veilig by sy biologiese ma in Witbank opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.