ʼn Vrou wat valslik beweer het dat haar baba ontvoer is sal Vrydag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Busi Nkosi (42) is vroeër op borgtog van R3 000 vrygelaat. Sy word van meineed en regsverydeling aangekla. Nkosi het op 7 Oktober beweer haar babaseuntjie is uit haar huis in Kempton Park ontvoer na ʼn rooftog. Daar is aanvanklik deur die polisie gesê dat drie mans en ʼn vrou by die huis ingebreek het en Nkosi en haar 16-jarige dogter vasgebind en bedwelm het. Nkosi se man het toe glo huis toe gekom en hulle losgemaak. Die polisie het die baba veilig by sy biologiese ma in Witbank opgespoor.
Wonder net was was die doel van die hele besigheid?
..