Baba-oppasser verkrag

crime-scene-tape-320x191ʼn 34-jarige vrou is by haar werksplek in Delareyville, Noordwes verkrag.

Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, sê die vrou, ʼn baba-oppasser, is Vrydagmiddag deur ʼn onbekende man verkrag. “Daar word beweer dat die verdagte toegang deur ʼn venster gekry het, die slagoffer vasgebind en toe verkrag het. Die kind is nie seergemaak nie.” Volgens die slagoffer het die man met ʼn skootrekenaar en ʼn kamera, wat aan die huiseienaars behoort, gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.