ʼn 34-jarige vrou is by haar werksplek in Delareyville, Noordwes verkrag.
Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, sê die vrou, ʼn baba-oppasser, is Vrydagmiddag deur ʼn onbekende man verkrag. “Daar word beweer dat die verdagte toegang deur ʼn venster gekry het, die slagoffer vasgebind en toe verkrag het. Die kind is nie seergemaak nie.” Volgens die slagoffer het die man met ʼn skootrekenaar en ʼn kamera, wat aan die huiseienaars behoort, gevlug.
Geen respek vir homself, daarom ook geen respek vir ‘n vrou.