Dokters in die stad van Jalalabad in Afghanistan het verlede week ’n ingewikkelde operasie op klein Asree Gul (haar naam beteken “nuwe blom”) uitgevoer om die ekstra skedel waarmee sy gebore is, te verwyder.
Dokters vermoed dat die ekstra koppie dié van ’n identiese tweeling boetie of sussie is, wat nooit verder ontwikkel het nie. Asree Gul het egter nog ’n tweelingsussie wat normaal gebore is.
Dr Ahmad Obaid Mojadidi, die chirurg wat die operasie uitgevoer het, het gesê dat die operasie op Asree Gul die ingewikkeldste operasie is wat nog ooit in dié arm stad gedoen is. Hy het die operasie gratis gedoen omdat Asree Gul se ouers nie die operasie kon bekostig nie.
Mojadidi het egter gewaarsku dat Asree Gul nog in ’n baie ernstige toestand in die hospitaal is. Haar pa, Nematullah was ná die operasie baie emosioneel en het die dokters bedank omdat hulle sy dogtertjie se lewe gered het.
Waarom gebeur die dinge meestal in die ‘arm lande?’