Die polisie in Kaapstad sê hulle is steeds op soek na ‘n ses maandeoue baba wat deur haar ma in ‘n minibustaxi in Philippi-Oos agtergelaat is.
Ncwele Sithyile is Vrydagaand laas in die taxi gesien, berig EWN. “Die baba het ‘n blou broek en wit onderhempie aangehad,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. Dit is nog nie duidelik of die polisie die baba se 29-jarige ma gaan aankla nie.