ʼn Drie maande oue baba, wat glo traangas ingeasem het wat tydens ʼn betoging afgevuur is, is naby Brits in Noordwes dood aangetref in sy ouerhuis.
“Die baba se liggaam is Vrydag in die ouers se slaapkamer aangetref,” het brig. Thulane Ngubane, woordvoerder van die polisie, Saterdag gesê. “Die gesin voer aan die baba het moontlik gesterf nadat hy van die traangas ingeasem het.” Die polisie moes glo van die traangas gebruik om betogers, wat onwettig in Majakaneng bymekaar gekom het, uit mekaar te jaag.
Die kind was glo in die pa se sorg gelaat. ʼn Gebruikte traangashouer is buite naby die slaapkamer opgespoor.
Ngubane sê dit is nog nooit bewys dat traangas dodelik kan wees nie. “Die ondersoek duur voort en die patoloog sal bepaal wat die oorsaak van die kind se afsterwe was.”
Die kind se geslag is nie bekend gemaak nie. -SAPA