Baba sterf na botsing in Kaapstad

Foto: ER24

‘n Baba is dood na drie voertuie gebots het op Okovango-weg oorkant die Cape Gate Medikliniek.

Volgens paramedici van ER24 was die baba, van tussen 14 en 24 maande, reeds dood toe hulle op die toneel aangekom het. ʼn 7-jarige seun het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer. Die kinders se ma is nie ernstig beseer in die ongeluk nie. Die bestuurder van een van die ander voertuie het ernstige nek- en rugbeserings opgedoen terwyl sy passasier snye en kneusplekke opgedoen het. Al drie die voertuie is erg beskadig in die botsing. Die oorsaak van die botsing is nog nie duidelik nie en sal verder ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.