Baba sterf na kragonderbreking

ʼn Eenjarige seuntjie wat van ʼn elektrisiteitaangedrewe suurstofmasjien afhanklik was is dood na ʼn kragonderbreking.

Beeld berig dat Kutluano Kok van Kimberley met ʼn chroniese longsiekte gebore is. Sy ma, Sylvia Kok, het aan die dagblad gesê hulle het ʼn suurstofmasjien by die hospitaal gekry met haar seun se geboorte. Kok sê hulle sukkel sedert 2012 met onvoorspelbare en gereelde kragonderbrekings. “Elke keer wat die krag afgegaan het, het ek die munisipaliteit gebel, soms tot drie keer en het hulle my na die derde oproep begin ignoreer.” Kok sê sy het gereeld ʼn ambulans gebel om hulle by te staan terwyl die krag af was maar dat die ambulans die keer te laat opgedaag het. “Kutluano het sy bewussyn verloor. Ons kon daarin slaag om hom weer by te bring deur vir hom suurstof te gee met ʼn handpomp maar hy het vir ʼn tweede keer sy bewussyn verloor en ons kon hom nie red nie.” Kok het die munisipaliteit blameer vir haar seuntjie se dood. Selle Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê hulle was nie bewus van die kind se toestand en dat dit nie help om die blameer-speletjie te speel nie.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lizelle Botha ·

As hul maar net besef hoeveel ander is daar soos hy! Oud en jonk, kanker pasiente ens. Vir een beteken ‘n kragonderbreking net dat hy nie sy daaglikse koppie koffie kan drink nie, maar daar is duisende vir wie dit ‘n saak van lewe en dood is. Tog word dit so ongevoelig bloot onder ‘n matjie ingevee, en die volgende koppie koffie word maar net gemaak….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.