Baba sterf ná ma op haar val

Argieffoto

ʼn Twee maandeoue baba is ernstig beseer nadat haar ma, tydens ʼn rusie met haar suster, bo-op haar geval het.

Kapt. Adéle Myburgh, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Saterdag gesê die voorval het Woensdag omstreeks 22:00 in Mmabatho plaasgevind.

“Die ma en haar suster het in ʼn argument betrokke geraak. Die suster het die ma, wat die babatjie op haar rug gedra het, omgestamp en die ma het op die babatjie geval,” het Myburgh gesê.

Die baba is eers die volgende dag na die Lekoko-kliniek geneem en is met haar aankoms dood verklaar.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.