Baba-sterfte: Ouers kry 18 jaar

Netto en sy lewensmaat. Foto: Werner Beukes/SAPA

Netto en sy lewensmaat. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die paartjie wat skuldig bevind is aan strafbare manslag ná die dood van hul tien maande oue babadogtertjie is Woensdag in Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Regter Majeke Mabesele het Adriaan Netto en sy meisie elk tot vier jaar tronkstraf gevonnis vir strafbare manslag, drie jaar vir kindermishandeling en 15 jaar vir verkragting. Die vonnisse vir die strafbare manslag en verkragting sal gelyktydig uitgedien word.

Die paartjie se babadogtertjie is op 12 Maart 2012 dood. Sy was ondergewig en het verskeie beserings gehad. Haar ribbes was gebreek en daar is skaafplekke op haar vagina, wange, bors, neus en lip gewees. Sy het ook kneusplekke op haar maag en ‘n skeurplek, gevul met bloed, in een van haar longetjies gehad. Haar lewer is ook beseer en sy is verskeie kere in die anus gepenetreer.

Lees ook:
Baba-sterfte: Ouers later gevonnis
Paar gevonnis na baba se dood
Ouers skuldig aan manslag na baba se dood
Voortvlugtige pa aangekeer, in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marie ·

18 jaar is nie genoeg vir die mense nie! Dit is nie menslik wat hulle aan ‘n ou onskuldige babatjie gedoen het nie! Hulle moet verwyder word van die samelewing!

Jasper ·

Marie ek stem saam. ( wonder net of hierdie komment. van my ook verwyder gaan word ?)

akram ·

Dis nie genoeg nie. Hulle gaan binne sit en na goeie gedrag kom hulle weer uit. wat is die kaanse dat hulle weer n kand gana he en die selfde lot gebeur?

jackie ·

My hart breek om te dink waardeur daardie arme baba gegaan het. 18 jaar?? Belaglik!!

Amy ·

18 jaar!!!??? Dis ‘n flippen grap!!! Ons hele regstelsel is een GROOT grap. Ek is seker die wêreld lag vir ons!!!

Jasper ·

Ek het voorheen genoem. Hulle moet vir die res van hulle lewe daardie baba se huil pleit stemmetjie in hulle ore hoor. Diere doen dit nie eens aan hul kleintjies nie.

Meisie ·

Die ““ goed“ kan nie mense genoem word nie, hulle moet is `n hok gesit word en met klippe doodgegooi word!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.