Adriaan Netto (37) en sy 34-jarige lewensmaat, wat nie geïdentifiseer mag word nie ten einde die identiteite van die paartjie se ander kinders te beskerm, het Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn. Hulle vonnisoplegging is tot Woensdag uitgestel. Die paartjie is op 18 September aan strafbare manslag, kindermishandeling en verkragting skuldig bevind. Staatsaanklaer Riana Williams het aan die hof gesê dat die ma geen berou getoon het nie. “Die enigste berou wat jy het, is die feit dat jy hier is en gevonnis gaan word.” William Karam, Netto se regsverteenwoordiger, het die hof vroeër gevra om toegeeflik te wees teenoor sy kliënt. Karam sê die gebrek aan getuies en bewyse om te staaf dat Netto sy babadogtertjie aangerand het moet ter strafversagting in ag geneem word. Hy het ook na Netto se moeilike kinderjare verwys. Regter Majeke Mabesele het bevind dat die paartjie se babadogtertjie beseer is terwyl sy in die sorg van haar ouers was en dat dit hul wetlike plig was om na haar om te sien.
Die paartjie se babadogtertjie is op 12 Maart 2012 dood. Sy was ondergewig en het verskeie beserings gehad. Haar ribbes was gebreek en daar is skaafplekke op haar vagina, wange, bors, neus en lip gewees. Sy het ook kneusplekke op haar maag en ‘n skeurplek, gevul met bloed, in een van haar longetjies gehad. Haar lewer is ook beseer en sy is verskeie kere in die anus gepenetreer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Dit is dae soos die, dat ek wens daar was n doodstra in ons land!
Kan nie kommetaar lewer oor die berig … kinders lees ook hier!
Ek is “gewalg” Die doodstraf is te genadig vir die tipe mense, hulle behoort stukkie vir stukkie opgesny te word.
Ja dae soos die wens ek daar was nog dood straf gewees! Wat is tronkstraf gaan tonk toe oor pare jare gedrae jy jou goed dan kom jy weer uit! Maar wat moes daai onskuldige baba deur gemaak het!
Die wiel draai en ek glo daar is n spesiale plekkie in die hel vir diere soos dit!