Baba-sterfte: Ouers later gevonnis

Netto en sy lewensmaat. Foto: Werner Beukes/SAPA

Netto en sy lewensmaat. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die paartjie wat skuldig bevind is aan strafbare manslag na die dood van hul tien maande oue babadogtertjie se vonnisoplegging is Maandag uitgestel.

Adriaan Netto (37) en sy 34-jarige lewensmaat, wat nie geïdentifiseer mag word nie ten einde die identiteite van die paartjie se ander kinders te beskerm, het Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn. Hulle vonnisoplegging is tot Woensdag uitgestel. Die paartjie is op 18 September aan strafbare manslag, kindermishandeling en verkragting skuldig bevind. Staatsaanklaer Riana Williams het aan die hof gesê dat die ma geen berou getoon het nie. “Die enigste berou wat jy het, is die feit dat jy hier is en gevonnis gaan word.” William Karam, Netto se regsverteenwoordiger, het die hof vroeër gevra om toegeeflik te wees teenoor sy kliënt. Karam sê die gebrek aan getuies en bewyse om te staaf dat Netto sy babadogtertjie aangerand het moet ter strafversagting in ag geneem word. Hy het ook na Netto se moeilike kinderjare verwys. Regter Majeke Mabesele het bevind dat die paartjie se babadogtertjie beseer is terwyl sy in die sorg van haar ouers was en dat dit hul wetlike plig was om na haar om te sien.

Die paartjie se babadogtertjie is op 12 Maart 2012 dood. Sy was ondergewig en het verskeie beserings gehad. Haar ribbes was gebreek en daar is skaafplekke op haar vagina, wange, bors, neus en lip gewees. Sy het ook kneusplekke op haar maag en ‘n skeurplek, gevul met bloed, in een van haar longetjies gehad. Haar lewer is ook beseer en sy is verskeie kere in die anus gepenetreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

elna de beer ·

Dit is dae soos die, dat ek wens daar was n doodstra in ons land!

akram ·

Doodstraf sou nie gewerk het nie. Hulle is skuldig bevind aan stafbare manslag, MAW, hulle het nie bedoeling gehad om die dood te veroorsaak nie. In die geval het die hof gefaal. Die kind was ondervoed, dus was daar n rede gewees. Die bedoeling was daar, gee minder kos en die kind sterf van die honger. Die bedoeling is dus daar.Die skaaf merke aan die kind. daar word beweer dat die kind gepenetreer is, dus verkragting.Verskeie ribbesis gebreek. In kort moes hulle skuldig bevind word aan moord, verkragting en aanranding met die opset. in eerste gevalle is dit bylae een misdrywe. Doodstaf. Die verweer dat die man moeilike kinderjare gehad het, is dit nie juis n rede om meer omtegee vir n kind nie? Om te verhoed dat die selfde lot wat op hom geval nie op die kind moes kom nie? Mense gebruik die verweer te maklik. Maar wat is moeilike kinderjare? Oor ek pak gekry het toe ek n toets gedop het, tel dit? Gaan dit as n verweer gebruik kan word as ek van dronk bestuur aangekla word? My beskeie opinie.

Eben ·

Kan nie kommetaar lewer oor die berig … kinders lees ook hier!

Vas Vat ·

Ek is “gewalg” Die doodstraf is te genadig vir die tipe mense, hulle behoort stukkie vir stukkie opgesny te word.

magda ·

Ja dae soos die wens ek daar was nog dood straf gewees! Wat is tronkstraf gaan tonk toe oor pare jare gedrae jy jou goed dan kom jy weer uit! Maar wat moes daai onskuldige baba deur gemaak het!

Lalies ·

Die wiel draai en ek glo daar is n spesiale plekkie in die hel vir diere soos dit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.