Baba sterk aan ná hartaanval

Chanté Nel

Chanté Nel, ʼn 17 maande oue babatjie van Randburg, is steeds in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg nadat sy onlangs ʼn hartaanval gekry het.

Ulandi Nel, Chanté se ma, het Dinsdag aan Maroela Media gesê haar dokters het Maandagaand uitgevind dat sy breinvliesontsteking het, en dat sy nog lank behandeling in die hospitaal moet ontvang. “Haar regterlong het ook platgeval. Meer toetse word Dinsdag gedoen om te bepaal of sy moontlik absesse op ander plekke ook het,” het Ulandi gesê. “Die dokter sê sy is regtig baie siek en is nou maklik vatbaar vir enigiets.”

Maroela Media het Vrydag berig oor Chanté se toestand. Sy was vier dae oud toe sy haar eerste hartoperasie ondergaan het. Sy het op 15 maande siek geword en was gereeld in die hospitaal opgeneem. Toetse is gedoen en die uitslae het gewys dat haar witbloedselle nie voldoende ontwikkel het nie en sy het gevolglik geen immuunstelsel nie.

ʼn Hartoperasie is weer vir 11 Junie geskeduleer, maar sy het ʼn dag voor die operasie ʼn hartaanval gehad. Dokters het ʼn abses op haar brein gevind wat intussen dreineer is. Die abses het haar sig aangetas wat haar blind gelaat het. Dis is nog nie seker of die skade permanent of tydelik is nie. Lees meer hier.

Intussen het Chanté oor die naweek begin reageer op lig. Die pype wat gebruik is om haar aan die lewe te hou, is ook verwyder en haar ouers het ʼn fopspeen gekoop sodat sy weer kan leer hoe om te suig en dus weer aan ʼn bottel kan drink. “Sy speel met die fopspeen in haar mond, maar weet nog nie hoe om te suig nie,” het Ulandi gesê.

Die gesin se mediese fonds is tans uitgeput en die ouers sukkel om al die hospitaalonkoste te dek. Daar is ʼn spesiale trustrekening gestig om met die mediese onkoste te help. Vir meer inligting besoek haar webwerf hier of skakel Anna Eksteen by 082 294 6799.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Magda Kruger ·

Hoekom word die Nelson Mandela Kinderfonds nie genader in so ‘n geval om die mediese koste te betaal nie. Is die Mandela Kinderfonds maar net nog ‘n manier waar geld van oral af ontvang word maar nie aangewend word om die lewe en gesondheid van kinders in Suid Afrika te verbeter nie.

Marlene ·

Magda Daardie fonds sal seker net vir swart kinders se welsyn aangewend word. Mag God die gesin dra en mag die klein mensie spoedig herstel.Julle is in ons gebede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.