Baba uit hospitaal gesteel

ʼn Pasgebore baba is Donderdag uit die Natalspruit-hospitaal in Katlehong aan die Oos-Rand gesteel.

Die departement van gesondheid in Gauteng sê die baba is Woensdag kort nadat dit gebore is, gesteel. Lindelwa Vivi (27), die baba se ma, het glo badkamer toe gegaan en toe sy terugkeer, was haar baba weg. Die baba was in ʼn hospitaaljapon toegedraai. Die veiligheidspersoneel is onmiddellik in kennis gestel, maar die baba kon nie gevind word nie. Die polisie is ook ontbied en het verklarings afgeneem. “Ons ondersoek die omstandighede rondom die vermiste kind en met die samewerking van die gemeenskap en die polisie hoop ons dat die baba in goeie gesondheid gevind sal word,” het Gilbert Motlatla, waarnemende uitvoerende hoof van die hospitaal, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.