Baba veg om lewe ná ongeluk in Heidelberg

Argieffoto

Drie mense is dood en elf beseer, waaronder drie kritiek, nadat ʼn voertuig en ʼn minibustaxi Sondagaand naby Heidelberg in Gauteng gebots het.

“Die voertuig en taxi het op die kruising van die R550 en R103-pad gebots. Dit is nog nie seker wie vir die ongeluk verantwoordelik was nie, dít sal deur ʼn polisieondersoek bepaal word,” het Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, gesê.

Onder die drie kritiek beseerde mense was ʼn ses maandeoue baba. “Die baba is op die toneel gestabiliseer en moes met ʼn helikopter na ‘n hospitaal geneem word. Dit was moeilik vir die paramedici om te bepaal watter beseerdes van watter voertuie was,” het Jackson bygevoeg.

Al die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Ek twyfel nie eers wie vir die ongeluk verantwoordelik is nie – TAXI TAXI TAXI !

Carin ·

Ai dis tog so tragies om van ongelukke te lees – daagliks. Ek sal nie verbaas wees as die taxi verantwoordelik was nie.

Alta ·

Die taxi’s ry net soos hulle wil, stop net waar hulle wil en doen net wat hulle wil !!!!!

Ek wens regtig hulle wil taxi’s verban want soveel mense het al gesterf as gevolg van taxi’s

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.