Baba verdrink in emmer water

ʼn Baba het Saterdag in ʼn emmer water in Soweto verdrink het die Johannesburgse nooddienste gesê.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die nooddienste, sê die 15 maande oue babameisie het in ʼn emmer vol water geval wat buite die huis gestaan het. Mulaudzi sê die nooddienste is ontbied en het mond-tot-mond-asemhaling op die baba toegepas. Sy is op die toneel dood verklaar. Die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.