Baba verdrink in Middelburg

ʼn 14 maandeoue dogtertjie is dood nadat sy Woensdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Middelburg, Mpumulanga, verdrink het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het omstreeks 17:00 in Gholfsig plaasgevind. “Die dogtertjie is die huishulp se kind en sy het glo in die water geval toe haar ma vinnig besig was met ʼn huistakie. Die ma het na haar kind begin soek en haar in die swembad sien dryf. Dit is nie bekend hoe lank die kind onder die water was nie,” het Banks gesê. Bure het die vrou hoor gil en haar gaan help. “’n Buurman het mond-tot-mond-asemhaling begin toepas, totdat paramedici op die toneel gekom en oorgeneem het. Dit kind het nie asem gehaal nie en ook nie ʼn pols gehad nie.”

Die dogtertjie is behandel, op ʼn ventilator geplaas en na die hospitaal gehaas waar mediese personeel verder probeer het om haar lewe te red. “Sy is ongelukkig in die hospitaal dood verklaar,” het Banks gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.