Baba vroeggebore ná swanger ma aangeval is

baba booties

Argieffoto

ʼn 28-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy sy swanger meisie in Mdantsane naby Oos-Londen met ʼn skerp voorwerp in die maag gesteek het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“Die man het sy 25-jarige meisie ná ʼn lang stryery aangeval,” het lt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die baba is as ʼn gevolg vroeggebore by ʼn hospitaal in Oos-Londen.”

Volgens Mzuku het die baba ook steekwonde opgedoen terwyl sy nog in haar ma se maag was. “Die baba en ma is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal.”

Die man sal Maandag op aanklag van poging tot moord in die Mdantsane-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.