Baba Wade: Ouers skuldig aan moord

Marissa Rudman tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Masi Losi, Pretoria News

Die ouers van die twee maandeoue baba Wade, wat in 2009 weens aanranding dood is, is Maandag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan moord.

Marissa Rudman en haar vriend, Nolan Schoeman, was daarvan aangekla dat hulle hul babaseuntjie vermoor het. Rudman en Schoeman het albei ontken dat hulle Wade so erg aangerand het dat hy op 7 April 2009 in die Steve Biko-hospitaal aan sy beserings beswyk het. Wade se brein het só erg geswel dat sy skedel begin kraak het. Hy het ook twee gebreekte arms, 22 gebreekte ribbes en groot kneuswonde aan sy kop en liggaam gehad. Die paartjie het hom van 26 Maart tot 4 April mishandel.

Regter Cynthia Pretoria het bevind dat Schoeman bewus was van sy dade en die skade wat dit kon aanrig. Sy het verder bevind dat Rudman niks gedoen het om die mishandeling te keer nie. Hulle sal in ʼn latere stadium gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.