Baba Wiehan: bekendes stap teen geweld

Twee verdagtes het Donderdag in die Delmas-landroshof verskyn op aanklag van moord op die 5-maandeoue Wiehan Botes en sy dagmoeder.

Vele bekendes gaan op 19 Junie ʼn optog in Pretoriase strate lei om teen misdaad te betoog. Die betoging volg na die grusame moorde op Wiehan Botes en sy dagmoeder, Magrietha de Goede, in Delmas op 23 Mei. Wiehan (5-maande) en De Goede (66) is albei verwurg.

“Tot watter vlak het die land gedaal dat babas nou vermoor word?” het Ronel Brink, wat die optog organiseerder, gevra. Sy het gesê almal sit in hul huise, hoor van die gru-misdade en raak woedend, maar doen niks daaraan nie. “Dit is tyd dat ons ons stemme dik maak. Ons het genoeg gehad.”

Wihan se ouers, Wiets en Rita, gaan by die optog aansluit. “Dan stap Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Gerrie Pretorius, Flooze (Sorina), Izak Davel, Derick Hougaard, Arno Jordaan, Corlea Botha, Dozi en nog baie ander bekendes ook saam die dag,” het Brink gesê.

Volgens Brink gaan dit ’n vreedsame optog wees. Die optog skop op 19 Junie om 10:00 by die Pretoria-kunsmuseum af en gaan tot by die Uniegebou beweeg waar ʼn memorandum aan president Jacob Zuma en Jeff Radebe, minister van justisie, oorhandig gaan word.

Brink nooi almal uit om saam te stap. Sy moedig ook mense in ander dorpe en stede aan om soortgelyke optogte te reël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Imilian Wiese ·

Ek is baie beindruk met met Ronel Brink se inisiatief en ook op die manier wat sy dit reel. Maak net seker die optog word deaur die media plaaslik en internasionaal gedek en goed bemark onder al die verskillende Afrikaanse politieke groepe en organisasies. Dit is al hoe die internasionale gemeenskap die boodskap gaan kry.

Mike ·

Imilian as ons leiers met “balls” gehad het sou ek gesê het hulle moet by die internasionale gemeenskap pleit op ekonomiese sanksies teen SA. Dit is al manier wat die ANC regime sal dwing tot optrede. Daar sit in elk geval al soveel blankes sonder werk dat ekonomiese sanksies nie ‘n wesenlikke invloed op werkgeleenthede in die afrikaner gemeenskap sal hê nie.

Johan Swanepoel ·

Puik! Kan ek net vra dat mense nie rassisties optree in terme van plakate, slag spreuke esv nie. Dit doen ons beeld as Afrikaners/Boere geen goed nie maar vat net almal se oog van die bal af tot so ‘n mate dat niks bereik word nie. ‘n Groot, beskaafde en vredsame optog sal ons beeld net goed doen albei plaaslik en internasionaal. Kom ons wys die wereld ons woede maar op ‘n manier wat respek afdwing. Is daar dalk ‘n manier wat mense wat nie daar kan wees nie ook hul betrokkeheid kan bewys?

chris ·

Ek is van plan om daar te wees. Die tyd om opofferings te maak vir ons toekoms het nou aangebreek.

Christiaan Roos ·

Dis puik dat mense nou ook begin wys dat hulle nie meer die stand van sake wil aanvaar nie en baie punte aan die bekendes wat bereid is om deel te neem. Dit is egter baie wesentlik dat die internasionale media spesifiek uitgenooi word en dat die van ons wat in die buiteland woon die berig ook in lokale media te kry.

Sal iemand asb vir my ‘n skakel stuur na ‘n engelstalige artikel na afloop van die mars sodat ek dit in Denemarke onder die media se aandag kan bring?

Chr. Roos

Mike ·

Daar was die afgelope paar dae nog moorde op blankes soos die polisieman en sy tienjarige seun wat met hulle fietse gaan ry het. Die polisieman is doodgeskiet. Gister is ‘n vrou ook doodgeskiet voor haar familie. Dit raak nou erg, my eerlikke opinie is dat daar vir ekonomiese sanksies teen SA gepleit moet word anders sien ek geen einde aan die sinnelose misdaad in die land nie.

Ongelukkig is ons leiers meer gesteld op hulle aansien en beursies as op die toekoms van die afrikaner. Die mense wat vermoor is het klein kindertjies gehad wat nou sonder ‘n vader en moeder is.

Peter Bowen ·

I’ll be there. Is the memorandum available anywhere – I’d like to read it.

Magaret Oakden ·

Ek gaan deel neem aan die Stap teen geweld en dit is tyd dat iemand its aan die saak doen en is trots op ons Suid-Afrikaanse Sangers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.