Baba Wiehan: Drie verdagtes bly in aanhouding

Wiehan Botes. Foto: Facebook

Die drie mans wat in verband met die moord op die 5-maandeoue baba, Wiehan Botes, en sy dagmoeder, Margrietha de Goede (66), in hegtenis geneem is, gaan in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 3 Julie.

Botes en De Goede is op 23 Mei in De Goede se huis in Delmas verwurg. Botes se lykie is onder ’n bed gevind en De Goede onder ’n mat in ’n buitestoorkamer.

Fernando Marintse (27), Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) staan tereg op aanklagtes van moord. Daar is van De Goede se gesteelde goedere in hul besit gevind. Die saak is uitgestel omdat Marintse, van Mosambiek, nog regsverteenwoordiging moet kry. Hulle moet weer op 3 Julie in die hof verskyn.

“Die polisie is steeds op soek na Themba Ephraim Mahlangu (28), wat as ʼn tuinier vir De Goede gewerk het. Mahlangu kan ons met die ondersoek behulpsaam wees,” het luitenant-kolonel Leonard Hlathi Woensdag bevestig.

Mense wat inligting oor Mahlangu het word versoek om kaptein Manie van Zyl te kontak by 082 782 3102.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.