Baba Wiehan: Moordenaar dalk vasgetrek

Wiehan Botes. Foto: Facebook

Die vermeende moordenaar van die 5-maandeoue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede (66), is moontlik vasgetrek.

Dit volg na die Valke, polisie, ʼn spesialiseenheid en boere in die Delmas-gemeenskap hul soektog na De Goede se tuinjong, Themba Ephraim Mahlangu (24), opgeskerp het.

Wiehan en De Goede is op 23 Mei in De Goede se huis in Delmas verwurg. Wiehan se lykie is onder ’n bed gevind en De Goede onder ’n mat in ’n buitestoorkamer.

Volgens luitenant-kolonel Leonard Hlathi is ‘n 24-jarige man Donderdag in verband met die moorde in hegtenis geneem. Hy is in Springs, naby Johannesburg, aangekeer.

“Die man was in besit van ʼn selfoon wat vermoedelik aan De Goede behoort het,” het Hlathi gesê.

Die man word van moord aangekla en gaan na verwagting later vandag in die Delmas-landdroshof verskyn.

Nog twee mans wat met die moord verbind word, Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54), moet weer 27 Junie in die Delmas-landroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.