Baba Wiehan: Saak teen verdagtes teruggetrek

Wiehan Botes

Die saak teen die drie mans wat daarvan aangekla is dat hulle die vyfmaande-oue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede, vermoor het, is in die landdroshof in Delmas teruggetrek.

Die drie verdagtes sal nou slegs van diefstal aangekla word, het die polisie in Mpumalanga Woensdag gesê. De Goede (66) en Wiehan is in Meimaand by haar huis in Delmas verwurg. Fernandos Maritse, Enock Mbele en Lazarus Mabhena het Dinsdag in die hof verskyn waar die klagtes teruggetrek is. Hulle is elk op borgtog van R1 000 vrygelaat, berig EWN. Die hof het bevind dat daar nie genoeg bewyse teen die mans bestaan om hulle aan die moord te verbind nie.

Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê hulle is steeds op soek na De Goede se tuinier, Themba Mahlangu. “Ons versoek die publiek om ons hiermee by te staan,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.