Baba Wiehan: Tuinier nog soek

Die man wat die polisie Donderdag in verband met die moord op die 5-maandeoue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede (66), aangekeer het, is nié die tuinier wat die hoofverdagte in hul moordsaak is nie.

“Die polisie is steeds op soek na Themba Ephraim Mahlangu, wat as ʼn tuinier vir De Goede gewerk het. Mahlangu kan ons met die ondersoek behulpsaam wees,” het luitenant-kolonel Leonard Hlathi Saterdag bevestig.

Wiehan en De Goede is op 23 Mei in De Goede se huis in Delmas verwurg. Wiehan se lykie is onder ’n bed gevind en De Goede onder ’n mat in ’n buitestoorkamer.

Volgens Hlathi het Fernando Marintse (27) Vrydag in die Delmas-landdroshof verskyn in verband met die moord. Hy is in Springs, naby Johannesburg, aangekeer. “Die man was in besit van ʼn selfoon wat aan De Goede behoort het,” het Hlathi gesê. Marintse word ook van moord aangekla en sal na verwagting op 27 Junie saam twee ander verdagtes, Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54), in die Delmas-landdroshof aansoek doen om borg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.