Baba Wiehan: twee verskyn op aanklag van moord

Twee verdagtes het Donderdag in die Delmas-landroshof verskyn op aanklag van moord op die 5-maandeoue Wiehan Botes en sy dagmoeder.

Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) het Donderdag in die Delmas-landdroshof verskyn op aanklagte van moord op die 5-maandeoue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede.

Die twee verdagtes is borgtog geweier en die saak is tot 7 Junie uitgestel. Die saak word verder ondersoek.

Wiehan en De Goede (66) is verlede Woensdag in De Goede se huis in Delmas verwurg. Volgens Mike Bolhuis, ʼn private ondersoeker wat deur die familie aangestel is, is daar ook juwele uit die huis gesteel.

“Die polisie soek ook nog steeds na Themba Ephraim Mahlangu (28), wat as ʼn tuinier vir De Goede gewerk het. Mahlangu kan ons met die ondersoek behulpsaam wees,” het Kolonel Leonard Hlathi gesê. Hlathi het gevra dat enige iemand met inligting oor Mahlangu vir speurder-kaptein Manie van Zyl by 082-782-3102 kontak.

Themba Ephraim Mahlangu (28).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Magaret ·

Ek weet nie wat aan gaan nie, maar dit is siek. Wat het die ou babatjie gedoen om dit te verdien? Ek stem bring doodstraf terug sulke mense verdien nie om te leef nie

colin boolsen - vorster ·

Our family would express our sincere and heartfelt condolences to the families who have experienced this tragic disaster. No words however can extinguish the pain all European South Africans feel about developments, however when one of our children are subject to this cruel and barbaric murder, such overshadows all else. We do not know what to suggest or how to advise, suffice it to say that our thoughts and kind wishes are with all European South Africans as you evade genocide and engage your survival as a people.

Kind wishes from the Boolsen – Vorster family in Ontario, Canada

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.