Baba Wiehan: Verdagtes kry borg

Wiehan Botes

Die drie verdagtes wat aangekla word van die moord op die vyf maande oue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede (66), is Dinsdag op borgtog vrygelaat.

Sers. Gerald Sedibe, ʼn polisiewoordvoerder, sê Enock Mbele (44), Lazarus Mabhena (54) en Fernando Marintse (27) is op borgtog van ʼn R1 000 elk vrygelaat en sal weer op 17 Augustus in die Delmas-landdroshof verskyn. Sedibe sê die polisie soek intussen steeds na Themba Ephraim Mahlangu (28), wat as De Goede se tuinier gewerk het, aangesien hy hul moontlik in die ondersoek kan bystaan. Enigiemand met inligting oor waar Mahlangu hom moontlik bevind kan kapt. Manie van Zyl kontak by 082 782 3102. Botes en De Goede is verlede maand in ʼn huis in Delmas vermoor.

Themba Mahlangu

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.