Babadogtertjie kritiek na sy onder voertuig beland

Argieffoto.

ʼn 22 maandeoue babadogtertjie is in ʼn kritieke toestand nadat sy Maandagoggend onder ʼn bewegende voertuig by haar ouerhuis in Randfontein in Gauteng beland het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk in Villageweg plaasgevind. “Paramedici het by die toneel opgedaag en die dogtertjie op die grond aangetref. Sy het veelvoudige kritieke beserings opgedoen en om haar lewe geveg. Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Maroela Media wag vir kommentaar van die Randfontein-polisiestasie vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

SHAME MAN DIS ERG. ONS SAL BID VIR HAAR. TOE EK JONK WAS HET EK UITGEHELP BY AVBOB EN I VRIEND VAN MY HET OOR SY 4JARIGE DOGTERTJIE GERY OP DIE PLAAS. VOORDAT ONS OORDEEL MUT ONS BESEF HU VINNIG SO ONGELUK KAN GEBEUR. DIE GUDJIES IS SOOS VETGESMEERDE BLITSE. EEN OOMBLIK HIER EN DIE VOLGENDE DAAR. EK KRY DIE OUERS BAIE JAMMER HULLE MUT DEUR HEL GAAN.

Jen ·

Helena ek stem saam jou. ‘n Ongeluk gebeur so vinnig maar daar gelaat. Al wat ons moet doen is bid en los die dogtertjie se lewe in die Here se Hande en ek hou die ouers in my gebede

leana ·

Enige ouer se grootste vrees. Hoop en bid die meisietjie gaan okay wees. Sterkte vir haar ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.