Babalykies by stortingsterrein opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

Twee babas is Woensdagmiddag dood aangetref by ʼn stortingsterrein in Devland, langs Eldoradopark in Gauteng.

“Ons het die twee liggame omstreeks 12:00 opgespoor,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê. “Die een lyk soos ʼn pasgebore baba en die ander is moontlik drie maande oud.”

Die babas is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

Mulaudzi doen ʼn beroep op jongmense en ouers om óf die betrokke staatsdepartement óf ʼn nie-regeringsorganisasie te kontak indien hulle emosionele of ander uitdagings in die gesig staar. “Ons wil graag tragiese voorvalle soos dié verhoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ina ·

Hoe kry jy jou gewete gesus as jy ‘n baba weggooi soos ‘n vrot pampoen .. Maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Daardie kindtjie het nie gevra om gebore te word nie,Hoe kyk jyjouself in die spieël elke oggend met die wete jy’t ‘n kind vermoor Ja dis moord dis erger as moord , want daardie kind het nog nie eens ‘n lewe gehad nie , Kon nie terug baklei nie . Ek verstaan dit nie , In vandag se lewe kan geen maar geen meisie / vrou/meer sê Oops ek verwag nie. tensy jy verkrag is /gedwing is met geweld of verstandelik gestrem is , is daar geen verskoning want voorbehoed middels is gratis ,,Hoekom …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.