Babas in veld gevind

crime-scene-tape-320x191Twee pasgebore babas, vermoedelik ʼn tweeling, is Saterdag in ʼn stuk veld in Nooitgedacht, Muldersdrift gekry.

Ao. Hitler Ngwenya, woordvoerder van die polisie, sê ʼn patrolliemotor het gisteroggend op die twee babas in ʼn stuk veld op die hoek van Ou Pretoriaweg en Copperhousestraat afgekom. Die babas was in ʼn mandjie. Ngwenya sê een van die babas was reeds dood. Volgens Netcare911 is die ander baba in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marie DB ·

Hier moet ek cover vir die SAPD. Daar is nog goeie polisiemanne wat hulle naweke/nagte opoffer om polisiewerk te doen. Hulle deursoek velde/bosse/oop terreine vir leidrade tot moorde/diefstalle terwyl jy lekker in jou bedjie lê en slaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.