Babaseuntjie vol maaiers in asblik gevind

Argieffoto

Die polisie is op soek na die ma van ʼn week oue baba seuntjie wat oortrek met maaiers in ʼn asblik in Kaapstad gevind is.

Die Daily Voice het Woensdag berig ʼn voetganger het die babatjie, wat Jordan genoem is, Maandag in ʼn asblik hoor huil in Commodoretraat in The Hague.

Die voetganger, Shaheeda Davids, het gesê sy het die seuntjie uit die asblik gehaal, huis toe gevat en hom gebad. “Hy het sy ogies oopgemaak en vir my gekyk, dit was asof hy vir my ‘dankie’ gesê het,” het Davids aan die dagblad gesê.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoer, het gesê die seuntjie is gesond en veilig in die sorg van maatskaplike werkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Erika

Hierdie ma se baarmoeder moet verwyder word, want duidelik is sy nie die naam ma werd nie. Gelukkig het die voetganger hierdie baba’tjie hoor huil. Hoe kan mens ‘n geskenk van GOD sommer net so wegsmyt?