Babastoeltjies op vliegtuie voorgestel

karstoeltjieAustralië se lugvaartveiligheidwaghond het Vrydag voorgestel dat kinderstoeltjies in vliegtuie gebruik moet word om die veiligheid van kinders te verseker.

Die Burgerlike Lugvaartveiligheidsowerheid (CASA) het in ʼn konsepdokument gesê ouers moet meer opsies tot hul beskikking hê as om bloot net ʼn baba op hul skoot te hou wanneer hulle vlieg. “Kinders onder vier jaar oud word meer doeltreffend deur ʼn kinderstoeltjie met ʼn ingeboude harnas of babakapsule beskerm,” het CASA gesê.

ʼn Baba wat tans deur ʼn passasier gedra word of op ʼn skoot gehou word moet vasgemaak word, maar die veiligheidsgordels strek nie om die volwassene en die kind nie. ʼn Ekstra veiligheidsgordel word gewoonlik gebruik en aan die volwassene se veiligheidsgordel vasgemaak. CASA sê toetse het bewys dit kan gevaarlik wees.

CASA sê baba-karstoeltjies wat vorentoe en agtertoe kyk, kan geskik wees.

Die konsepdokument het ook bevind dat babas veiliger is indien hulle nie in sitplekke teen die gangetjie sit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.