Babastoeltjies wêreldwyd herroep

Meer as vier miljoen Bumbo-babastoeljies word wêreldwyd teruggeroep omdat dit glo onveilig is.

Die Suid-Afrikaanse maatskappy, Bumbo International Trust, het die stap geneem nadat ouers beserings, waaronder skedelbreuke, bloedneuse en lippe in ondermeer Kanada en Amerika aangemeld het.

IOL berig ʼn verbruik het gesê haar dogtertjie was in so ʼn stoeltjie op ʼn hoë oppervlakte geplaas, toe sy haarself daar uitgewikkel en geval het. Die agt maande oue baba het haar kopbeen op twee plekke gekraak en moes in die hospitaal opgeneem word. Verskeie gevalle waar babas seergekry het, is sedert 2007 aangemeld.

Die stoeltjies word in Gauteng vervaardig en word steeds in verskeie winkels verkoop

ʼn Woordvoerder van Bubmo International Trust het gesê ʼn veiligheidsband gaan op nuwe stoeltjies aangebring word. Hulle sal ook aan mense, wat reeds stoeltjies besit, ʼn gratis veiligheidsbandjie verskaf.

Verbruikers kan die bandjies aanskaf deur ʼn e-pos aan [email protected] te stuur.

Lees meer hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Laurette ·

As ek dit nie mis het nie, staan daar op die boks dat die Bumbo nie op hoë oppervlaktes gesit moet word nie… plain common sense. Maar dis jammer dat babatjies seergekry het, of dit nou die stoeltjie of die ouers se skuld is.

Ronel ·

Ek stem saam met Laurette. Dis dis algemene kennis – wel volgens my – dat mens nie ‘n kind op enige hoê oppervlak laat sit of le nie. PUNT!!! Ek wil die piep kry as ek sien dat mense hulle kinders op die kombuistafels of waar ookal in daai stoeltjies laat sit. En ook as hulle ‘n kleintjie van 3 maande in die ding sit maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.