Babatjie hou verkeer op

Spitsverkeer by die Buccleuch-wisselaar in Johannesburg is gewoonlik ʼn nagmerrie, veral as daar ʼn ongeluk plaasvind. Die verkeer in die omgewing is egter Donderdagoggend vir ʼn ander rede vertraag… ʼn pienkvoetjie wat besluit het dit is tyd om die wêreld in te kom.

Emer-G-Med, ʼn privaat mediese nooddiens, het Donderdag omstreeks 7:30 op Twitter geskryf hulle staan ʼn vrou op dié besige snelweg by wat in kraam gegaan het. Hulle het haar behandel en in hul ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Hulle het die mamma teen omstreeks 08:00 veilig by die hospitaal gehad. Sy het toe nog nie geboorte gegee nie.

Die diens het op Twitter geskryf: “Alles gaan goed met die mamma, nog geen babatjie nie, haar toestand word gemonitor.” Die babatjie is reeds deur Twitter-volgelinge as Baba Buccleuch gedoop.

Maroela Media is in verbinding met Emer-G-Med, en meer inligting volg binnekort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

die baba is dan nie eens gebore nie, maar hou die verkeer op, verstaan nie, as die mamma in n kar was kon hul hospitaal toe ry, hoekom is verkeer opgehou, en kon die voertuig waarin sy was voor sy in ambulans gehelp is dan nie maar op n kant in die noodbaan bv gestop het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.