‘n Babaseuntjie is Dinsdag verlate aangetref in Westville, Durban.
“Paramedici het die babatjie ondersoek en buiten ‘n ligte sonbrand in sy gesig was hy in ‘n gesonde toestand. Die paramedici het hom na die Life Westville-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Derrick Banks, woordvoerder vir ER24, gesê. Die babatjie is langs die pad aangetref.
“Die betrokke owerhede was op die toneel en sal die voorval verder ondersoek,” het Banks gesê.