Babatjie wat verkrag is, sterk aan

baba1ʼn Ses weke oue baba wat deur ʼn man in Galeshewe in die Noord-Kaap verkrag is, is uit die intensiewesorg-eenheid van die hospitaal ontslaan en na ʼn algemene saal oorgeplaas, berig The Star.

Die babatjie sal moontlik later vandeesweek ontslaan word.

Jan van Soest, ʼn ginekoloog en lid van ʼn span van sewe spesialiste wat haar opereer het, het gesê sy sal weer vandeesweek onder narkose ondersoek word. “Indien alles normaal is, kan sy ontslaan word,” het Van Soest gesê.

Die baba het inwendig en uitwendig erge trauma opgedoen. Daar is nie inwendige abdominale trauma nie. “Na verwagting sal sy ʼn normale lewe kan lei en sal sy moontlik self eendag kinders kan baar,” het Van Soest aan die koerant gesê.

Die man wat van haar verkragting beskuldig word, het Donderdag in die landdroshof in Kimberley verskyn. Die saak is tot 12 Desember uitgestel vir sy formele aansoek om borgtog.

Lees ook:
Ses week oue baba verkrag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Nee…. Hierdie is te erg vir my om te hanteer. ‘n Babatjie wat verkrag word!!!???
Kan vandag se mans hulself dan so sleg beheer, dat hul babas vat en seermaak???

Meisie ·

Waarom kan so ding aansoek doen vir borg???? Hy is totaal geheel en al onmenslik, waarom is daar eers sprake van borg?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.