‘Babaverkragter’ laat vaar borgtogaansoek

baba1ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy ʼn ses week oue babatjie verkrag het, het Woensdag in die Kimberley-landdroshof sy aansoek om borgtog laat vaar.

Volgens Mashudu Malabi, ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap, het die 24-jarige verdagte, wie se naam nog nie bekend gemaak mag word nie, regsverteenwoordiging geweier. Die saak is tot 12 Februarie uitgestel.

Die man, wat glo die baba se oom is, het die kind na bewering op 25 November verkrag. Die dogtertjie is ná die voorval in die intensiewesorgeenheid by ʼn plaaslike hospitaal opgeneem. Sy het ʼn operasie ondergaan en is daarna na die Universitas Akademiese-hospitaal  in Bloemfontein oorgeplaas. Sy is in ʼn stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ria Maritz

Of hy borgtog toegestaan sou word, en of hy in die tronk gaan bly, moeilikheid (sagkens gestel) gaan hy moeilik kry. In die stadium is hy beter af binne as buite.

Dis die mees veragtelikste daad wat teenoor ‘n vrou gepleeg kan word, wat nog te se ‘n baba.

Rudolph

Wat gaan aan vandag met mense nog u oom is julle siek in julle kope

Mariska Grobler

Al wat ek kan se is die Vark is SIEK!!!mag hy 10 keer truge kry wat hy aan daai onskuldige baba gedoen het

anja de beer

Siek mens as jy my vra doodstraf moet terug kom vir mense soos hy.

maria

Dit is net uiters swak hoe kan mense dit oor doen aan kinders wat dit nie verdien nie rrg waar daar moet iets aand die moord en ryp en verkraggting gedoen word rrg waar bring back death penalty bring trug doodstraf