Babaverkragting-vraag: Departement kondig besluit aan

Die vraag in die drama-eksamenvraestel. Foto verskaf

Die vraag in die drama-eksamenvraestel. Foto verskaf

Die departement van onderwys het Vrydag sy besluit aangekondig of ʼn vraag in die matrieks se drama-vraestel, wat handel oor babaverkragting, onttrek moet word of nie.

Die departement het in ʼn verklaring gesê die betrokke vraag gaan van die vraestel onttrek word. “Die departement stem saam dat sekere gedeeltes van die vraag deur sommige leerlinge negatief geïnterpreteer kon word, afhangende van hul persoonlike agtergrond,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Die besluit is geneem nadat die eksamen-paneel, wat verantwoordelik was vir dié vraestel, Woensdag en Donderdag vergader het met die interne moderator, Umalusi (die eksterne Raad op Gehalteversekering wat die vraestel goedgekeur het), en die departement van onderwys.

Die departement het gesê uit voorbeelde van vraestelle wat gemerk is, was daar geen oorweldigende bewyse dat die vraag leerlinge se antwoorde “nadelig beïnvloed” het nie. Die departement van onderwys het egter Umalusi versoek om die vraag te onttrek.

Die memorandum van die vraestel sal aangepas word.

Sommige leerlinge, onderwysers en ouers was ontsteld oor ʼn vraag wat die matrieks moes beantwoord in die drama-vraestel. Die leerlinge moes simbolies die verkragting van ʼn baba uitbeeld deur van ʼn brood en ʼn besemstok gebruik te maak. Die vraag is gebaseer op Lara Foot Newton se verhoogstuk, “Tshepang”, wat op ware gebeure gebaseer is.

Lees ook:
Verkragtingsvraag: Matrieks was “onvoorbereid”
Onderwysdepartement verdedig babaverkragting-vraag
Matrieks geskok oor babaverkragting-vraag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Henko ·

Die vraag het in elkgeval NIE tuisgehoort op ‘n vraestel nie!!!!

Dries ·

Wat bedoel hulle met ” sekere gedeeltes van die vraag deur sommige leerlinge negatief geïnterpreteer kon word,afhangende van hul persoonlike agtergrond,” ???
Dis ‘n patetiese siek vraag in die eerste plek!!! Hoe het ‘n vraag soos die by ‘n paneel moderators verby gekom?

Leha ·

Die vraag is uiters ongepas en onsmaaklik.Dit maak nie saak wat jou sogenaamde “agtergrond” is nie.Dit word nou onttrek,maar die skade is reeds aangerig.

peter Says ·

Gawie, netso, dank die goeie Vader my kinders is klaar met skool, en klaar studeer in die goeie ou dae.

Jasper ·

Hulle kan eerder werk aan sommige leerders se “agtergrond”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.