Bafana-afrigter “baie goed met sy werk” – Zuma

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma het Bafana Bafana en die afrigter Gordon Igesund ondersteun nadat Fikile Mbalula, minister van sport, die span Maandag skerp gekritiseer het, het SAfm Dinsdag berig.

“Ons is wel bewus daarvan dat sekere mense die spel van die nasionale sokkerspan kritiseer ná hul nederlaag teen Nigerië,” het die president aan die uitsaaier in isiZulu gesê.  “Sommige mense wil hê die span moet ontbind, maar dit het baie verbeter en benodig ons ondersteuning. Die huidige afrigter weet wat hy doen en is baie goed met sy werk. Die feit dat die span verloor het beteken niks nie, want ander spanne verloor ook.”

Mbalula het Bafana Bafana skerp gekritiseer nadat hulle Sondagaand 3-1 teen Nigerië verloor het en uit die Afrikanasies-kampioenskap geskakel is.

Hy het onder andere gesê die span is ʼn spul verloorders wat geen respek vir die land of enigiemand anders het nie. Hy het verder gesê die span is net ʼn spul “ondraaglike, nuttelose individue wat net geld soek”. Lees meer hier.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Meisie ·

Glad nie verbaas dat zuma hom ondersteun nie, met sy limited beinselle weet hy nie van beter nie!!!!

Eben ·

Iets vertel my na die verkiesing is Fikile Mbalula nie meer daar …..

JD ·

Ek stem heelhartig met Mbabula saam…..hulle is ‘n klomp verloorders met geen dissipline nie.

Babs ·

Natuurlik sal Zuma hulle verdedig. Hoekom sê hy nie daar is te veel swart spelers in die span.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.