ʼn Bafana Bafana-sokkerspeler is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo teen 173km/h gery het.
Blessing Manale, woordvoerder van die Tshwane metropolisie, sê die speler is op die N1-suid net voor die John Vorster-afrit vasgetrek. Hy het teen 173km/h in ʼn 120km/h-sone gery. Die speler was op pad van Pretoria na Johannesburg. Hy sal na verwagting Maandag in die Lyttelton-landdroshof in Centurion verskyn. Die metropolisie wou nie die speler se naam bekend maak voor hy in die hof verskyn het nie.
Hoekom mag sy naam nie bekend gemaak word, Steve en Malema se name is dadelik bekend gemaak, €k vra maar net