Bafana-speler vas oor spoed

Vector-Speedometer-vectorʼn Bafana Bafana-sokkerspeler is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo teen 173km/h gery het.

Blessing Manale, woordvoerder van die Tshwane metropolisie, sê die speler is op die N1-suid net voor die John Vorster-afrit vasgetrek. Hy het teen 173km/h in ʼn 120km/h-sone gery. Die speler was op pad van Pretoria na Johannesburg. Hy sal na verwagting Maandag in die Lyttelton-landdroshof in Centurion verskyn. Die metropolisie wou nie die speler se naam bekend maak voor hy in die hof verskyn het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bets ·

Hoekom mag sy naam nie bekend gemaak word, Steve en Malema se name is dadelik bekend gemaak, €k vra maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.