Baie is chronies honger – VN

Argieffoto: grahamcrouch.photoshelter.com

Argieffoto: grahamcrouch.photoshelter.com

Een uit elke agt mense op aarde ly aan chroniese honger en ondervoeding, aldus ‘n verslag van die VN se organisasie vir voedsel en landbou wat pas bekend gestel is. Tussen 2011 en 2012 was sowat 843 miljoen mense chronies honger. Dit is effens minder as die 868 miljoen wat in die vorige verslagjaar chronies honger was.

In Afrika is die syfer egter een uit elke vyf. In Sub-Sahara-Afrika is die toestand egter veral sleg, en is die hongerlydendes bykans een uit elke vier – 24,8%.

Die verslag maan dat baie lande nie daarin gaan slaag om hul millenniumdoelwitte waartoe 191 lande hulle verbind het, te behaal nie. Hiervolgens moes uiterste armoede en hongersnood teen 2015 iets van die verlede wees.

Minder as 16 miljoen van die chroniese honger mense woon in ontwikkelde lande. Die verslag meld dat deurlopende ekonomiese groei in ontwikkelde lande inkomste verbeter en toegang tot kos makliker gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Flash ·

In Afrika een uit vyf wat van honger sterf!
En wie moet ons bedank?
Die land grypers in Zim en die “Kill the Boer” sangers in RSA is beslis bo-aan my lys.
Dan die ‘Transformasie’ drywers en sogenaamde grondeisers.
Algar is netto verbruikers (lees vernietigers) en dra niks tot voedselsekerheid by nie.
Laat hulle dan maar kry waarvoor hulle gevra het: Sogenaamde ‘Vryheid’.

Vas Vat ·

Flash, ek het insig met jou skrywe. Ek moet werk vir wat ek wil he. Bakhand staan is nie die antwoord nie.

Jasper ·

Gaan kyk maar, in die meeste van hierdie lande is daar altyd genoeg tyd, krag en energie vir opstande, rebellies, staatsgrepe, moord en doodslag. Dit, rampe en hongersnode is alles maar tekens van die tyd en sal nie weg gewens word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.