Baie joernaliste ontvoer in 2013

'n Amerikaanse soldaat deursoek Reuters se fotograaf, Goran Tomasevic by 'n padblokkade naby die Palestynse hotel in Baghdad 10 April 2003.   Foto: AFP /PATRICK BAZ

‘n Amerikaanse soldaat deursoek Reuters se fotograaf, Goran Tomasevic by ‘n padblokkade naby die Palestynse hotel in Baghdad 10 April 2003. Foto: AFP /PATRICK BAZ

Ongeveer dubbel soveel joernaliste is vanjaar ontvoer in vergelyking met verlede jaar.

Volgens Verslaggewers Sonder Grense is 87 joernaliste vanjaar ontvoer, teenoor 38 verlede jaar. Altesaam 49 joernaliste is vanjaar reeds in Sirië ontvoer.

Vanjaar het reeds 71 joernaliste in die uitvoering van hul werk gesterf. Dit is effens minder as verlede jaar se 88, maar verlede jaar is as ‘n besonder dodelike jaar vir joernaliste beskryf.

Sirië, Somalië en Pakistan was vanjaar die gevaarlikste lande vir joernaliste. Altesaam 187 joernaliste word ook deur lande soos China, Turkye, Sirië en Iran in tronke aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.