Baie Noord- en Suid-Koreane wil familie sien 60 jaar na skeiding

Kim Jong-un, veglustige diktator van Noord-Korea

Sowat 70 000 Noord- en Suid-Koreane het hul name op lyste geplaas om hul familie en vriende weer te sien, nadat hulle van mekaar geskei is toe die twee lande na die Koreaanse oorlog van 1950 tot 1953 van mekaar geskei is.

Duisende gesinne is van mekaar geskei toe die skietstilstand afgekondig is.

Van 1998 tot 2008 is ‘n handjievol mense gekeur wat by die Noord-Koreaanse toerisme-oord Kumgang familie en vriende kon gaan opsoek. Met die laaste kuier is 100 mense van beide kante van die grens uitgesoek wat kon gaan kuier.

Die besoeke is egter opgeskort na Noord-Korea ‘n toeris doodgeskiet het wat die spergebied tussen die twee lande betree het.

Na samesprekings tussen die twee lande, sal die eerste besoek nou op 19 September plaasvind. Beide lande vier dan die oesfees.

Die twee lande was onlangs skynbaar op die randjie van ‘n oorlog, met Noord-Korea wat selfs die rooi lyn – ‘n nood-telefoonverbinding tussen die twee lande se regerings – opgeskort het. Sake is intussen aansienlik genormaliseer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.