Baie polisie vir Zille se besoek aan Nkandla

Die foto is deur @Nontobek0Sibisi op Twitter gelaai.

Daar is ʼn swaar polisieteenwoordigheid in Nkandla waar die DA-leier Helen Zille beplan om later vandag president Jacob Zuma se tuiste te besoek.

ʼn Groot groep Zuma-ondersteuners het op die pad wat na Zuma se huis lei bymekaar gekom in die dorpie KwaNxamalala. Die lied Aweluthu Mshini Wami (bring my masjiengeweer) het ʼn op ʼn klankstelsel gespeel. Van Zuma se ondersteuners het plakkate in die lug gehou met die woorde: ‘Hou op Zuma aan te val’. ʼn Polisiehelikopter het die gebied gepatrolleer terwyl voertuie wat na Zuma se tuiste ry afgetrek word en die bestuurders se lisensies nagegaan word. Zille en ʼn afvaardiging van die DA beplan om Zuma se tuiste te besoek. Die ANC en sy vennote het die beplande besoek erg gekritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.