Die balju is glo belet om die departement van gesondheid in Gauteng se kantoor te betree.
Lutendo Mukwevho, die balju, is Donderdag glo deur twee beamptes verhoed om die kantoor te betree om lessenaars en rekenaars te verwyder, berig The Star. Mukwevho wou 400 rekenaars en honderde lessenaars uit Hope Papo, die LUR vir gesondheid, se kantoor verwyder, aangesien die departement glo ‘n mediesevoorraadmaatskappy sowat R280 000 skuld.
Die koerant berig dat die departement ‘n lasbrief tot die uitvoering van roerende bates wat in Mei uitgereik is, ignoreer het. Die beamptes het Mukwevho beskuldig dat hy oneerbiedig is. “Ek baklei nie, en ek gee nie om of dit die LUR is of nie. Ek doen net my werk,” het Mukwevho hierop gesê.