Balju lê beslag op 708 onderwys-voertuie

Argieffoto

Argieffoto

Die balju het in twee aparte hofaansoeke beslag gelê op 708 voertuie van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal, het die Mercury Dinsdag berig.

Sants, ‘n private onderwyskollege, het ‘n aansoek gebring nadat die departement glo versuim het om R36 miljoen in beursgeld vir 1 000 studente te betaal. Klik hier om meer te lees.

Die regspan van ‘n voormalige leerling het ‘n tweede aansoek gebring nadat die hof verlede jaar beslis het dat skadevergoeding van nagenoeg R4 miljoen aan die leerling uitbetaal moet word, het die koerant berig. Die Durbanse hooggeregshof het beslis dat skadevergoeding aan Simphiwe Shange uitbetaal moet word nadat hy gedeeltelik blind gelaat is in een oog toe ‘n voormalige adjunkhoof hom in 2003 met ‘n gordel geslaan het.

Volgens die Mercury moet die departement voor die einde van Januarie opdok of die voertuie sal op ‘n veiling verkoop word.

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) se Moses Mabhida-tak het ‘n beroep gedoen op Sants om ‘n ander roete te volg om die saak te skik. “Beslaglegging van die voertuie kom neer op sabotasie van onderwys in die provinsie, aangesien die leerders en onderwysers die voertuie benodig om hul werk te doen,” het Themba Mthembu, provinsiale sekretaris van die SAKP, gesê. “Die voertuie is nie bates van die departement nie, dit is bates van die regering wat aan die departement geallokeer is.” Volgens Mthembu moet die maatskappy op ‘n swartlys geplaas word weens hul onsensitiwiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Demokraat ·

Dis omdat die SAKP sulke twak kwytraak, dat geen regdenkende mens aan die party behoort nie – die optrede van Saints nogal sabotasie van die onderwys !!! Watwo, die Zuma-regering is al lankal besig om die Onderwys te verpletter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.