Balju lê beslag op Malema se bates

‘n Balju het glo beslag gelê op Julius Malema se bates nadat hy versuim het om R16 miljoen-belasting te betaal.

Die balju het op sy bates beslag gelê by sy huise in Florapark, Polokwane en Sandown in Johannesburg, berig die Sunday Independent. Dit is nie duidelik of die bates voertuie en huishoudelike inhoud ingesluit het nie, maar die proses stel die balju in staat om die bates te waardeer en Malema te verhoed om dit te verkoop. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ‘n hofbevel teen Malema gekry nadat hy agterstallig geraak het met sy belastingbetaling.

Malema sal na verwagting in November weer in die hof verskyn nadat hy van korrupsie aangekla is. Hy ontken steeds skuld. Volgens Malema is die hele proses polities gemotiveer, aangesien hy kritiek teen president Jacob Zuma gelewer het. Malema wil nie hê dat Zuma in Desember weer as president van die ANC verkies moet word nie.

Malema is in April as lid uit die ANC geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.